Met die bekendstelling het Haroon Lorgat, hoofuitvoerende beampte van Krieket SA, die toernooi beskryf as `n "opwinde nuwe ontwikkeling wat geleentheid aan die begin van die seisoen bied om te kompeteer maar ook fondse te genereer. Ons is opgewonde om `n Afrika-krieketkompetisie te ontwikkel."
Met die naderende IKR se Twintig20 Wêreldbeker, bied die kompetisie ook geleentheid vir spelers om vroeg reeds hul merk te maak.
SuperSport bied ook regstreekse dekking van die kompetisie, insluitende die halfeind- en eindstryde.