TUINROETE NUUS - Die laaste been van die Eden-straatmylreeks vind Maandag 20 Desember in Hartenbos plaas. Atlete wat aan die ATKV-straatmyl deelneem spring om 08:30 in Paardekraalweg, Hartenbos weg.
Die eerste been, die Klein-Karoo-straatmyl het vandag, Donderdag 16 Desember, in Oudtshoorn afgeskop met die tweede been, die Swartberg-baanatletiek en myl wat oormôre, Saterdag 18 Desember, ook in Oudtshoorn plaasvind.
Die prysgeld van R60 000 is genoeg om te verseker dat Suid-Afrika se bestes deelneem. Onder die topmansatlete in Suid-Afrika wat vanjaar die sub-4 minutemyle gaan jaag, tel die vorige sub-vier minute atlete soos Ryan Mphahlele, Jerry Matsau, James Munnik, Ruan Jonk, Christopher Swart, Abrie Kruger en die junior Keano Domingo wat dit vir hulle moeilik gaan maak.
Van die topvroueatlete wat mekaar die stryd aansê is die vorige wenners Kesa Molotsane en Simonay Wietsz, Cariena Viljoen, Tsepang Sello met die junior Danielle Verster wat dit vir hulle beslis moeilik gaan maak.
Die Grand Prix deel van die reeks van die reeks behels dat die mans- en vroueatleet wat die meeste punte oor die drie bene versamel, met die Grand Prix-titel wegstap.
In die afgelope jare is nie minder as 11 droommyle in die reeks gehardloop nie - Johan Cronjé, Dumisane Hlaselo, Elroy Gelant, Nyongo Amos, Ryan Mphahlele, Kaletso Mokhonoana, Jerry Matsau en Luan Munnik.
Die 2019-manswenners wat die straatmyl in Oudtshoorn onder vier minute gehardloop het. Van links is, Luan Munnik (3:58,91), Ryan Mphahlele (3:53,08), Kaletso Mokhonoana (3:54,23) en Jerry Motsau (3:54,78).
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'