RHEENENDAL NUUS - Rheenendal Tots het verlede Saterdag, net twee jaar ná sy stigting, sy eerste jaarlikse sportdag onder die tema "Tiny Feet, Big Dreams" aangebied.
Altesaam 42 leerders tussen twee en vyf jaar het aan die dag se aktiwiteite deelgeneem. Die program het onder meer sakresies, eier-en-lepelresies en 'n hindernisbaan ingesluit.
Volgens prinsipaal Chanté Richards is die sportdag meer as net spel. "Dit is doelgerigte kurrikulum in aksie," het sy gesê en beklemtoon dat die aktiwiteite belangrike motoriese vaardighede, koördinasie en konsentrasie help ontwikkel wat noodsaaklik is vir leer in die klaskamer.
Die sportdag is aangebied op velde langs die Rheenendal-pad wat kosteloos beskikbaar gestel is.
Die skool het ook sy dank uitgespreek teenoor verskeie borge en ondersteuners uit die gemeenskap vir hul bydraes.
Die Engelse en Afrikaanse klasse het saam deelgeneem, wat volgens die skool sy inklusiewe dubbelmedium-benadering weerspieël.
Personeellede van Rheenendal Tots is voor van links: Gorgia Armien, Desleen September en Kelly Petersen. Agter: Chanté Richards en Riana Davids.
Onderwysers en personeel het die dag help fasiliteer en elke leerder het 'n medalje vir deelname en sportmanskap ontvang.
Beheerliggaamvoorsitter Sovonia Krige het die dag afgesluit deur die belang van vroeë ontwikkeling te beklemtoon.
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’