TUINROETE | HESSEQUA NUUS - Dertig atlete van die Hoër Landbouskool Oakdale het die afgelope naweek aan die Twizza Super Schools-byeenkoms te Groenpunt, Kaapstad deelgeneem.
Die skool het 'n algehele derde plek met 'n puntetoekenning van 14 940, in die seunsafdeling vir hoërskole behaal, uit 27 spanne verteenwoordig. In die eerste plek was Paarl Boys met 15 221 punte.
Uitstaande prestasies is deur die volgende atlete behaal:
Erick Steyn, Railine Alberts, AJ van Vuuren, Righardt Stander, Duraan Janse van Rensburg, James Jonker (2de in driesprong), Therlow Prins en Markus Viljoen.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'