SUID-KAAP NUUS - Die gewilde Meiringspoort-wedlope vind hierdie jaar op 13 Oktober plaas.
Die inskrywings open Saterdag 26 Mei om 06:00 vir die atlete wat verlede jaar deelgeneem het.
Die oorblywende beskikbare inskrywings open op Saterdag 2 Junie om 06:00 vir die atlete wat die eerste keer deelneem of nie verlede jaar deelgeneem het nie.
Die inskrywingsgeld beloop R175 vir die 12,5 km-wedloop en R225 vir die 21,1 km.
"Alle inskrywings moet op die webwerf gedoen word. Geen ander manier van inskrywings sal aanvaar word nie," het bestuurslid Martie van der Westhuizen gesê.
"'n Bykomende R35 is betaalbaar vir atlete wat nie by 'n klub geaffilieer is nie. Atlete word versoek om hulle 2018 ASA-lisensienommer byderhand te hê as hulle inskryf."
Ekstras soos kombersies teen R60, 'n langmou T-hemp teen R300, 'n buff teen R80 en 'n lootjie vir die skildery ten bate van die Herberg-kinderhuis teen R20 kan ook saam met die inskrywing gedoen word.
'n Voorbeeld van die buff en die skildery is op die webwerf beskikbaar.
Indien daar enige verdere navrae is gaan kyk gerus op die webwerf by www.meiringspoort21.co.za.
Al die nodige inligting en foto's van verlede jaar is daar beskikbaar.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Klein Karoo nuus'