Gallery
KNYSNA NUUS - Tydens die afgelope dorpsbyeenkoms, het leerders van Laerskool Knysna omtrent gewys waarvan hulle aanmekaar gesit is.
Dié skool se leerders het 41 eerste plekke behaal, 37 tweede plekke en 21 derde plekke.
Gino Fredericks stel ‘n nuwe rekord op in spiesgooi en Monique Julyan stel ‘n nuwe rekord op in gewigstoot.
Morgan Jones mis die 1200m se rekord met ‘n fraksie van ‘n sekonde.
Baie geluk aan al die leerders wat deel geneem het en dat julle Laerskool Knysna breëbors laat.
Die gekwalifiseerde kinders neem deel aan die streeksbyeenkoms op 9 Februarie by Hoërskool Knysna se veld.
Gino Fredericks.
'Ons bring jou die nuutste Knysna, Tuinroete nuus'