KNYSNA NUUS - Op 2 Febuarie het Knysna Sekondêr hul jaarlikse atletiekbyeenkoms op Hornlee-sportveld gehou.
Die Loeries het mekaar in verskeie sportaktiwiteite die stryd aangesê.
Dit was egter Cameron Wildeman, ‘n graad 8-leerder, wat by hierdie jaar se byeenkoms as topatleet aangewys is.
Cameron het ‘n totaal van agt medaljes verower, terwyl Ruan Marais ‘n beste hoogte van 1.5m in die hoogspring behaal het.
Ruan Marais.
'Ons bring jou die nuutste Knysna, Tuinroete nuus'