WES-KAAP NUUS - Tertuis Simmers is die nuwe adjunk-leier van die DA in die Wes-Kaap. Simmers (38) het sterk bande met George en die Tuinroete.
Hy is vandag tydens 'n vergadering van die DA se provinsiale raad in die Wes-Kaap tot die belangrike pos verkies. Hy kom in die plek van Albert Fritz wat 'n tydjie terug tot provinsiale leier verkies is.
Simmers het baie politieke ervaring en is op die oomblik die Wes-Kaapse minister van menslike nedersettings.
In 'n party politieke hoedanigheid is hy die voorsitter van die DA se oosstreek en ook die DA se kiesafdelingshoof vir Hessequa.
Hy is die jongste persoon ooit wat tot DA adjunk-leier in die provinsie verkies is.
Simmers het kort gelede aan die George Herald gesê dit is 'n groot taak en daar is uitdagings wat wag. "Ons is oppad na plaaslike regeringsverkiesings." Die DA is ten gunste dat dit moet plaasvind.
Hy gaan die pos van voorsitter van die DA se oosstreek ontruim. Dit beteken die pos gaan vakant wees.
Die DA gaan eersdaags sy burgemeesters-kandidate vir die munisipale verkiesing bekend maak. Dit sluit stadsrade in die Tuinroete in.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'