Video
BEAUFORT-WES NUUS EN VIDEO - Altesaam 31 vragmotors met voer het vanmiddag (Woensdag 8 November) in Beaufort-Wes aangekom.
Die vragmotors is gelaai met bale oulandsgras wat deur boere van Delmas geskenk is.
Die voer sal teen ‘n geringe koste aan lede van landbouverenigings van Agri Sentraal-Karoo uitgedeel word.
Boere van Nelspoort, Nuveld, Letjiesbos, Koup no 4 en Rietbron sal Donderdagoggend die voer in ontvangs begin neem.
Die vragmotors staan op die plaaslike skouterrein waar dit oornag opgepas sal word.
Kyk 'n video hieronder.
Die vragmotors staan op die plaaslike skouterrein waar dit oornag opgepas sal word.
Lees 'n verwante artikel: 30-truck convoy delivers feed to drought-stricken farmers
ARTIKEL & VIDEO: TISHA STEYN
FOTO'S: HEIN RUST
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'