Die mans is in en uit in minder as twee minute en het met duisende rande se voorraad weggekom.
Die winkel, Woema, vernoem na die TV-program wat Nel op KykNet aangebied het, is in die Glen Gables-winkelsentrum in Lynnwoodrif.
Die winkel was gesluit toe drie mans op 30 Desember teen 06:30 die oggend die winkel se glasdeur stukkend geslaan en beroof het.
Nel het die videomateriaal op Facebook gelaai en die video is deur die teenmisdaadblad CICA (Crime Intelligence and Community Awareness) gedeel.