'n 19-jarige verdagte het die pakkie by die koeriers gaan optel, waarna sy in Mosselbaai aangekeer is.
Die waarde van die dwelms beloop tot R85 000. Polisielede van die K9 eenheid, Ao Turbo Marxs, Ao Leonie van Heerden en Kapt Theo Pieterse van misdaadintelligensie het die verdagte aangekeer. Die vrou, wat in Mosselbaai woon, is aangekla van die besit van dwelms.
Daar gaan moontlik nog ekstra klagtes bygevoeg word.
Die saak is intussen in die Mosselbaai Landdroshof teruggetrek, hangende die uitslae van laboratoriumtoetse.