Dit was die boodskap van raadslid Wessie van der Wersthuizen, koukusleier van die DA op Oudtshoorn.
Dit volg nadat die omstrede speaker, raadslid John Stoffels, vandag uit sy amp bedank het en raadslid Chris Macpherson van die DA as nuwe speaker verkies is.
‘n Spesiale raadsvergadering, wat vir die publiek gesluit was, is vandag belê om die begroting wat Dinsdagaand afgekeur is weer voor die raad te lê. Stoffels het egter aangekondig dat die waarnemende munisipale bestuurder, Ronnie Lottering, eers ‘n belangrike aankondiging sal maak voordat die begroting bespreek word.
Lottering het toe die speaker se bedankingsbrief voorgelees.