OUDTSHOORN NUUS - Oudtshoorn se water is veilig vir menslike gebruik.
Johan Uys van die munisipaliteit se waterafdeling het bevestig dat hulle geen bron van kontaminasie in die Kerkstraat-reservoir kon kry nie.
Nadat die water behandel is, is daar geen teken meer van E.coli nie.
Die nuutste lesing wat laat gister geneem is, toon dat die water heeltemal skoon is en geskik is vir menslike gebruik.
Inligting verskaf deur ons susterskoerant, Oudtshoorn Courant.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'