Die 19-jarige meisie tas verward in haar geheue rond, op soek na antwoorde na ’n beweerde verkragting in die vroeë oggendure van Saterdag 9 Julie.
Trane het in haar groot bruin oë opgedam, terwyl sy probeer onthou het, maar in haar gedagtes het die donker gat geen antwoorde nie.
Sy kan net die gebeure voor sy net na middernag ‘weggeraak’ het, onthou.