GEORGE NUUS - Carina Beukes, die mede-vervaardiger van die Klikkerland-reeks, is verheug oor die twee benoemings vir die 2018 Ghoema-toekennings in die afdeling - Beste kinder DVD of album wat hulle ontvang het.
Die George-kindervermaaklikheidsgroep is opgewonde oor die benoeming van hul Klikkerland Volume 4 DVD en hul album genaamd Die Liedjies wat ons sing Klikkerland Musiek.
Die twee benoemings vir die Klikkerland-reeks is tussen die vyf wat meeding om as wenners op Sondag 29 April aangekondig te word.
Lees meer op ons susterskoerant, George Herald.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'