‘n Klomp klein klippies wat opmekaar gestapel is – daar is honde.
Twee groot klippe langs mekaar – daar is twee ou mense of vroue of weerlose mense.
Klippe langs mekaar in ’n ry – hoeveel mense in die huis woon.
Bakstene – verwag ’n roof, voertuigdiefstal, kaping of geld in die huis.
Rooi – ’n gevaarlike teiken, weerstand kan verwag word, roof, kaping of plaasaanval. Inbrekers gebruik gewoonlik Coke-blikkies, KFC-bokse of rooi lap vir dié tekens. Rooi kan ook beteken daar is mense met vuurwapens, mense wat paraat is, daar is goeie hekke en diefwering of alarms.
’n Coke-blikkie of bottel met die oopkant na die huis – iemand is tuis.
’n Rooi lint of sak – pasop vir die hondegif.
Wit of deurskynende tekens – daar is min weerstand, maklike teikens en groen word as rigtingaanwysers gebruik en as vlugroetes vir die inbrekers.
Blou – Iemand is tuis of iemand op die plaas is bereid om saam te werk of dat die sleutels in of naby die deure is, dat die sekuriteit swak is en dat daar geen alarmstelsel is nie.
- Van die ouer tekens wat gebruik is, is leë skyfiepakkies en van die nuwe tekens sluit in pamflette, toiletpapier, koerantpapier en plastiek.
- Skoene of skoensole by die hek dui aan dat daar niemand tuis is nie en dit ’n maklike teiken is.
- Bondels gras, geknoopte gras, stokke, gebreekte takke en klippe is ook tekens wat inbrekers gebruik.