MOSSELBAAI NUUS - Die geboorte van Eben Henze in die Life Bay View Privaathospitaal in Mosselbaai het hospitaalpersoneel behoorlik aan die gons.
Dié jongeling is verreweg die rekordhouer as die frisste mannetjie wat nóg in die bestaan van die hospitaal hier gebore is.
Baba Eben Henze dra trots die familienaam en is vernoem na sy eie pappa en sy oupa. Mamma Rykie sê hy het die afgelope nege maande haar terdeë van sy bestaan bewus gehou.
Die ouerpaar is van Heidelberg.
Lees meer op ons susterskoerant, Mossel Bay Advertiser.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'