Die vierjarige Bart Senekal was 11 maande oud toe hy gedurende die winterseisoen in sy ouers Ingrid en Edmund se swembad in Radiokop, Roodepoort beland het – ‘n dag wat tot vandag nog by hulle spook.
By hul nuwe huis in Monument trek Bart met graagte sy skoene aan, want hy glo dit laat hom nog vinniger hardloop.
Tog is dit moeilik om te glo dat hierdie seuntjie, wat met soveel lewenslus en energie die lewe vierkantig in die oë kyk, amper drie keer deur dokters dood verklaar is.