Luidens ’n verklaring deur brig. Selvy Mohlala, provinsiale polisiewoordvoerder, is sers. Johny Marshall (45) Sondag omstreeks 08:30 in dié voorval dood.
Hy was aan die Witbank-polisiekantoor verbonde en was nie aan diens nie.
’n Ander polisiebeampte is die naweek in dié provinsie in ’n motorongeluk dood.
Konst. Juliet Mahungela (29) het Saterdag in Bosbokrand in ’n botsing reg van voor gesterf. Sy was aan die Ogies-polisiekantoor verbonde.
Marshall se dood bring die getal polisiebeamptes wat sedert die begin van die jaar vermoor is, op 53 te staan.