OUDTHOORN NUUS - Die onlangse nuus dat Sydney Berry in Februarie vanjaar vir dronkbestuur in hegtenis geneem is, het behoorlik die wenkbroue laat lig.
Dit volg minder as 'n jaar na hy aan strafbare manslag skuldig bevind is.
Hy is ook vir roekelose en nalatige bestuur, asook versuim om hulp op 'n ongelukstoneel te verleen aangekla, maar is onskuldig op dié twee aanklagtes bevind.
Hy was die bestuurder van die BMW wat in 2019 in die vroeë oggendure op die grottepad die pad verlaat en in 'n waterkanaal beland het. Marilize Nortier (18) het in die passasierskant van die voertuig gesit en het verdrink.
Berry het op daardie stadium beweer dat hy nie geweet het sy is in die motor nie en daarom het hy haar nie gehelp nie.
Berry is tot korrektiewe toesig van drie jaar gevonnis, asook twee jaar gevangenisstraf wat vir vyf jaar opgeskort is.
Die korrektiewe toesig behels ondermeer 24 uur per dag onder huisarres behalwe vir werk- en kerkdoeleindes, gemeenskapswerk van 18 uur per maand vir die volle drie jaar en die bywoning van programme wat die departement korrektiewe dienste aanbied.
Hy mag vanaf 2023 vir drie jaar slegs by sy ouers se huis bly en mag net Maandae tot Vrydae van 08:00 tot 19:00, Saterdag van 08:00 – 14:00 en Sondae van 08:00 – 13:00 vanaf die perseel beweeg.
Lees meer by www.oudtshoorncourant.com
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’