MOSSELBAAI NUUS - 'n Grootskaalse soektog is gistermiddag op Sondag, 20 Maart deur reddingspanne op Mosselbaai van stapel gestuur nadat 'n 21-jarige man glo van die rotse afgeval het.
Die voorval het tussen Die Punt en die Mosselbaai Golflandgoed plaasgevind.
'n Voorlopige ondersoek dui daarop dat 'n vrou kort na die voorval, by 'n omliggende woning in Cecil Shepherd straat, in die gebied om hulp gevra het.
Die vermiste man, wie se naam aan die Mossel Bay Advertiser bekend is, het gister, 20 Maart van die rotse afgeval tussen die Punt en die Mosselbaai-gholflandgoed.
Lees meer op susterskoerant, Mossel Bay Advertiser
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'