Breaking News
NASIONALE NUUS - Die Suid-Afrikaanse Springbokkaptein, Siya Kolisi en sy vrou, Rachel het op sosiale media bekend gemaak dat hulle gaan skei.
Rachel (34) skryf op haar Instagram-profiel: "Na baie nadenke en oop gesprekke het ons gesamentlik besluit om ons huwelik te beëindig."
Die paartjie wat geliefd is onder Suid-Afrikaners benadruk in 'n gesamentlike verklaring dat hulle vriende bly.
Hulle sê hulle is daartoe verbind om hul kinders saam groot te maak.
Die paartjie het in Augustus 2016 getrou en ken mekaar sedert hul skooldae.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’