Danté Stroebel het Sondag saam met sy oupa en ouma by sy oumagrootjie se huis in Mootstraat, Daspoort, gekuier toe hy in bure se swembad beland het.
Sy ma, Jenel sê sy toestand is ernstig en dokters meen hy het ‘n kans van 10% om te oorleef.
“Die dokters sê dit gaan tyd kos om duidelikheid te kry oor sy kanse, want die swelling op die brein moet eers sak,” sê sy.
“Danté het baie water in sy longetjies gehad en kry antibiotika daarvoor. Hy kan alleen asemhaal, maar is nog op ‘n ventilator om hom te help asemhaal.”
Sy sê Danté se bloeddruk is nog baie wisselvallig.