In hierdie dorp is daar egter om elke hoek en draai dwelmmiddels beskikbaar vir ons kinders en niemand doen iets daaraan nie. Ons as ouers moet nagte wakker lê en onsself dood bekommer.
Dit voel net vir my dat ek, as ouer, alleen baklei teen hierdie euwel.
Daar is ook ’n baie bekende kuierplek in ’n naburige dorp en ek het Vrydagaand met my eie oë gesien hoe die kinders daar dwelmmiddels misbruik.
Meisies en seuns, so jonk as 16, loop openlik met drank en sigarette rond.
Die eienaar van daardie plek laat toe dat my kind en ons jeug hulle lewens vernietig sodat hy geld kan maak.
Besef hy dan nie dat hy besig is om met ons kinders se lewens te speel nie?
Dit is hoog tyd dat iemand begin opstaan teen die eienaars van dié kuierplekke, ook in Brakpan.
Daar moet opgetree word teen die kamstige internet-plekke waar ons kinders sit en dobbel en dwelms gebruik.