Kol. Mohale Masia (51), hoof van sigbare polisiëring by die Sophiatown-polisiekantoor, is met sy aankoms op kantoor in hegtenis geneem.
Luidens ’n verklaring deur kol. Vish Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, het hy reeds weens aanklagte van korrupsie in die Johannesburgse landdroshof verskyn. Die saak is tot 12 November uitgestel.