NASIONALE NUUS EN VIDEO - 'n Brand wat vandag in die Allied-gebou in Kerkstraat uitgebreek het, het reeds enorme skade aan die gebou en besighede wat daar sake doen, aangerig.
Brandbestryders doen alles in hule vermoë om die laaste vlamme te blus en die skade te beperk.
Die gebou huisves onder andere SARS, Legal Aid, Korrektiewe Dienste, 'n Chinese "winskoopwinkel", 'n haarsalon, 'n kleremaker en internettorings op die dak. Talle dokumente het ook in die slag gebly, maar hopelik is belangrike papiere wat in kluise was, gespaar.
Die brand het glo vroeg vanoggend, Vrydag 2 Mei ontstaan, maar die oorsaak van die brand is nog onbekend.
Kerkstraat is afgesper tussen Baron van Reede- en Hoog-strate en sal toe wees tot die toneel en gebou veilig verklaar is.
Niemand kan op die stadium sê of die gevaar bestaan dat die gebou dalk ineen kan stort nie, so uiterste versigtigheid word aan die dag gelê.
Die brandweer wat al vir ure swoeg om die brand te blus, is dankbaar vir die publiek se ondersteuning.
Oudtshoorn Courant het vir die brandbestryders gaan drinkwater koop en ander plaaslike ondernemings, inwoners en die weermag laai ook eet- en drinkgoed af.
VIDEO - Office blaze causes massive damage in Oudtshoorn:
Foto: Louise Mouton
Vorige artikel: Allied-gebou op Oudtshoorn is aan die brand
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’