Gisela de Witt kon haar 14-jarige dogter Catelin se dood nooit verwerk nie, sê ’n vriendin.
Catelin was ’n leeling aan die Hoërskool Eldoraigne in Centurion toe sy haarself 14 maande gelede in ’n park in Amerberfield Glen voor haar boetie geskiet het.
Gisela het verlede week Donderdag om 8:17 vir die laaste keer op haar Facebook-muur geskryf: “Van 14 wonderlike jare na 14 maande van pyn…”
Dieselfde dag het Gisela haarself toe vermoedelik in ’n gastehuis in Pretoria opgehang.
Volgens die vriendin van Gisela bestaan die vermoede dat sy daardie Woensdagaand in ’n vriend se gastehuis in Pretoria oornag het.