OUDTSHOORN NUUS - 'n Woordewisseling tussen twee meisies op 1 Januarie was die oorsaak dat een van die twee, Sabiena Kiewiets, nou met verskeie wonde sit.
Volgens Kiewiets het sy en die meisie oor skinderstories aan die stry geraak waarna die meisie se kêrel hul erf met 'n knopkierie en sy Amerikaanse veghond (pit bull) ingestorm het.
"Hy het wild en wakker begin slaan en die hond op ons gesit."
Sarie Kiewiets, haar ma, is vyf keer met die knopkierie aangerand en aan die arm deur die hond gebyt. Sabiena is ook met die kierie geslaan en het veelvuldige beserings opgedoen toe die hond op haar gesit is.
Lees meer by www.oudtshoorncourant.com
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’