“Die primêre doel is om die kinders vir ‘n rukkie uit mekaar te hou, omdat die virus so aansteeklik is,” sê me. Anri Botha, hoof van Een Treetjie Voor.
Haar speelgroepie is klein en sy sê sy het die skool gesluit omdat die voorkoms van Koksakkie “gemiddeld te veel voorkom”.
Genadiglik is skoolgaande kinders nog nie getref nie, en kom die virus meer algemeen voor in kinders onder vyf jaar, hoewel volwassenes dit ook kan opdoen.
Volgens Laerskool Dennesig, C.R. Swart en Laerskool Middelburg, is nog nie ‘n enkele geval daar aangemeld nie, ook nie in die Graad R klassies nie.