MOSSELBAAI NUUS - Die Klein-Brakrivierstrand is steeds gesluit en sal waarskynlik tot einde vandeesweek vir die publiek ontoeganklik wees terwyl die karkasse van die twee walvisse wat daar uitgespoel het, verwyder word.
Mosselbaai munisipaliteit se omgewingsbeampte, Warren Manuel, berig dat dit standaard prosedure is om strande vir sowat 'n week te sluit nadat seelewe soos walvisse uitgespoel het.
Inwoners en besoekers word daarom versoek om die strand tot verdere kennisgewing nie te gebruik nie.
Lees meer op ons susterskoerant, Mossel Bay Advertiser.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'