RIVERSDAL NUUS - Die Hessequa-abattoir sluit vandag (Vrydag 14 Junie) sy deure wanneer die laaste slagtings afgehandel word.
Die toekoms en/of voortbestaan van een van die grootste werkgewers in Hessequa hang nou in die weegskaal tot tyd en wyl daar groter duidelikheid is oor die pad vorentoe.
Maar sluit die abattoir permanent, met geen toekomsvooruitsigte nie, sal dit 'n groot terugslag wees wat die streek kwalik sal kan bekostig.
Dis meer as bloot net 45 werknemers wat hul werk gaan verloor. Gesinne en letterlik tientalle afhanklikes gaan daaronder ly.
Suid-Kaap Forum het met Francois Loots, kommersiële hoofbestuurder van SSK, oor die moontlike permanente sluiting van die abattoir gesels.
Hy het bevestig dat die Hessequa-abattoir sy deure Vrydag sluit, maar hy sê Hessequa-abattoir se direksie het reeds voelers uitgesteek en is besig om met potensiële operasionele huurders en kopers te gesels.
Lees meer by www.suidkaapforum.com
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’