Volgens die gesin van Zac de Lange gaan Silverton-polisie sy dood ondersoek nadat hy tydens ’n ‘Australiese voetbal’-wedstryd in Silverton beseer is.
Zac de Lange (33) het verlede Vrydag (18 September) saam met sy goeie vriend Jokkie van Vuuren in die wedstryd gespeel.
Die De Lange-gesin sê hulle is stukkend geskeur en smag na antwoorde wat lig sal werp waarom die pa van die huis gesterf het, na ’n laagvat-besering.
“Ek is laat weet dat ek moet kom speel. Zac het gesê hy wou baie graag speel, so toe reël ek dit,” sê Van Vuuren.