NASIONALE NUUS - Die vlaag wrede plaasaanvalle, en nie minder nie as 70 plaasmoorde wat sedert 1 Januarie vanjaar gepleeg is, het die landelike gemeenskap en die meeste landsburgers laat steier.
Die vraag op mense se lippe is “wat kan ek doen?” So ook het Chris Loubser, ’n plaasbestuurder op die plaas van ’n bekende sakeman van Franschoek, Dinsdagaand wakker gelê nadat Joubert Conradie die oggend op sy plaas in die Klapmuts-omgewing doodgeskiet is.
Lees 'n verwante artikel hier: Farm attack - man shot to death
Loubser het Conradie blykbaar geken van landbougeleenthede in die omgewing. Hy het daarom die volgende oggend ’n video met sy selfoon in sy voertuig tussen die wingerde opgeneem. Hierin rig hy ’n emosionele pleidooi aan Suid-Afrikaners om saam te staan en Maandag swart klere aan te trek om respek te betoon aan die boere wat in plaasaanvalle vermoor is.
Hy het ook sy wens uitgespreek dat daar eerskomende Saterdag voor die Curriebeker-eindstryd ’n oomblik van stilte vir die plaasmoordslagoffers gehou sal word.
Facebook-inskrywing oud
Te midde van die versoek om Maandag swart te dra, word daar tans op WhatsApp en Facebook, en ander sosiale media platforms, 'n boodskap versprei wat 'n paar jaar gelede van toepassing was.
AfriForum versoek mense om nie hierdie boodskap te versprei nie en om ook nie daarop te reager nie.
Sien die boodskap hieronder:
AfriForum ondersteun die 'dra swart'-veldtog.
Inligting verskaf deur AfriForum.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'