MOTORING NEWS - Die Suid-Kaapse Oumotorklub het op Erfenis-dag 'n lekker uitstappie na die ou tolhuis in die Montagupas onderneem vanaf George - sommer net om self die legendariese koffie en pannekoek te geniet.
Die Vriende van die Tolhuis bied elke Saterdagoggend versnaperinge aan om fondse vir die instand-houding en restourasie in te samel.
Bestuurders en hul passasiers het ook die interessante oudhede in en om die tolhuis geniet en al kuier-kuier staaltjies oor die ou dae uitgeruil.
Die Vriende van die Tolhuis het geskiedkundige kostuums wat die oumotor klublede sommer in hul element laat voel het. Foto: Daleen Engelbrecht
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'