Bande word met die verloop van tyd stelselmatig papper. As dit vir lang tye nie nagegaan word nie, kan hulle gevaarlik pap word, wat daartoe sal lei dat hulle baie warm word. Die bykomende hitte en meegaande wrywing wat in ’n papperige band opbou, kan uiteindelik daartoe lei dat dit meegee en bars. Dit verg baie energie om daardie soort hitte op te bou en bande wat nie styf genoeg gepomp is nie, kan brandstofverbruik ook skerp laat styg.