TUINROETE | KAROO NUUS - Vandag, 4 Februarie is Wêreld Kankerdag (4 Februarie).
KANSA en die Unie vir Internasionale Kankerbeheer (Union for International Cancer Control [UICC]) doen ’n beroep op almal om hulle invloed te gebruik om te help om die "gaping in kankersorg toe te maak".
Hierdie nuwe drie jaar lange-veldtog vra vir aksie om die kwessie van onregverdige toegang tot kankerdienste aan te spreek. Die veldtog beoog om regverdigheid van gesondheidsorg te bevorder vir alle mense wat deur kanker geaffekteer word, ongeag wie hulle is of waar hulle woon.
Elize Joubert, KANSA se hoof uitvoerende beampte (HUB), verduidelik hoe KANSA hard daaraan werk om die gaping toe te maak wanneer dit by kankersorg kom.
"Kankerpasiënte in ons land het dalk ’n heel ander ervaring rakende toegang tot kanker siftingstoetse, tydige diagnose, kankerbehandeling en -ondersteuning, afhangend van hulle sosio-ekonomiese status en waar hulle woon.
"Dit kan moontlik lei tot groot verskille in die risiko van die kankerontwikkeling en oorlewing. Hierdie gaping moet oorkom word en KANSA werk hard daaraan om hierdie onregverdigheid te verminder."
Vroeë opsporing is noodsaaklik wanneer dit by die oorkoming van ’n kankerdiagnose kom, maar diegene in afgeleë areas het nie altyd toegang tot die inligting oor hoe om kankerrisiko te verminder of tot siftingstoetse nie.
"Baie pasiënte woon baie ver en kan nie vervoer na of verblyf naby die kankerbehandelingsentra bekostig nie. Ons KANSA Sorgtuistes voldoen aan hulle vereistes deur ’n huis weg van die huis af te skep, wat etes en vervoer insluit. Dit maak dit moontlik vir pasiënte wat andersins nie behandeling sou kon kry nie.
"Verder bied ons TLC-tuistes akkommodasie aan die ouers van kinders wat behandeling ontvang, en bied kos- en sorgpakkies aan families om hulle te help weens hul finansiële druk."
LEES MEER: It's time to man up when it comes to your health
KANSA bied gratis berading deur hul teleberadingsdiens in sewe tale, asook telestoma-ondersteuning, wat beteken berading en stoma-ondersteuning is vir almal beskikbaar. Die KANSA-webwerf bied ook gratis aanlyn hulpmiddels en skakels na ondersteuningsgroepe vir kankerpasiënte, versorgers en geliefdes.
Besoek hier vir besonderhede rondom Wêreld Kankerdag en KANSA aktiwiteite.
(Vir meer inligting, kontak asseblief info@cansa.org.za of skakel die KANSA Hulplyn by 0800 22 66 22).
KANSA Suid-Kaap kantoor: 044 874 4824
Bron: www.cansa.rog.za
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'