TUINROETE | KAROO NUUS - Solidariteit Helpende Hand se Boesemvriendinne-projek het reeds meer as 4 000 gebreide borsprosteses aan vroue verskaf wat hul borste weens borskanker verloor het.
Helpende Hand se FroueVonds het die Boesemvriendinne-breiprojek in Mei verlede jaar in samewerking met die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) van stapel gestuur.
Verlede jaar het hulle 1 421 wolprosteses ingesamel en vanjaar, weens bykomende ondersteuning reeds 2 722 prosteses.
Die FroueVonds is deel van Helpende Hand en is in 2019 gestig om vroue te bemagtig. Die naam is met opset verkeerd gespel om te beklemtoon dat alles nie altyd reg verloop nie.
Pakkette bestaande uit ’n brei- of hekelpatroon, die spesiale wol en vulling word teen R60 per pakket aangekoop en onder Helpende Hand se vrywilligers versprei.
Besoek www.boesemvriendinne.co.za vir meer inligting.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'