So het ds. Petrus Carstens dit verduidelik aan studente en dosente by die Murray Teologiese Skool naby Masvingo in Zimbabwe gedurende 'n 14 000 km uitreik verlede maand.
Twaalf 'dissipels', een predikant, twee onderwyseresse, twee boere, een bou-in-spekteur, een verpleër/joernalis, twee studente en drie skoliere, van die George-Suid Nederduitse en Uniondale Gereformeerde Kerk gemeentes is saam Zimbabwe toe.
Hulle was ds. Petrus Carstens en sy vrou Malvena met hul kinders Estelle, Birdie en Machiel; Pieter-Matt Stemmet ('n vrugteboer) en sy vrou Eurika met hul kinders Sonnika en Christo; William 'Jompie' Johnston (die ander vrugteboer), Swannie Swanepoel (die bou-inspekteur) en John Murray (die verpleër/joernalis).
Hulle het vir ongeveer twee weke uitreikwerk gedoen by die Reformed Church in Zimbabwe asook by die Igreja Reformada Mosambiek.
Gemeentes, skole, insluitend die Capota Skool vir Blindes en die Murray Skool vir Dowes, is by Pamushana, Mutsambwa, Beit-brug, Masvingo in Zimbabwe en Mapai in Mosambiek besoek.
Hulpverlening is gedoen deur praktiese dienswerk, herstelwerk aan strukture by kerke, skole en pastorieë. Formele en informele getuienisse en boodskappe is gelewer terwyl 500 Shona, Engelse, Tsonga en Portugese Bybels, 3 000 traktaatjies so wel as 'n klompie 'stories' en Kinderbybels afgegee is.
Weens die groot behoefte aan saad is 15 kg groentesaad, wortel, uie, beet en boontjies uitgedeel.

Hierdie treffende skildery is deur een van die leerders van die Henry Murray Skool vir Dowes geverf.

Van links is ds. Petrus Carstens, sy vrou Malvena, Birdie Carstens, Pieter-Matt Stemmet, Machiel Carstens, John Murray, Estelle Carstens, Eurika Stemmet, Christo Stemmet, Sonnika Stemmet en William 'Jompie' Johnston in Thsipise, Zimbabwe.