TUINROETE NUUS - Met die lente op pad, is daar kommer dat die gevreesde stompkopkewer (PSHB) weer groot skade aan bome in George kan aanrig. Die stompkopkewer (PSHB) en sy simbiotiese swam saai al van 2018 verwoesting onder bome in George, Mosselbaai en Knysna.
Kenners beskryf dit as 'n moeilike vyand wat moeilik is om te peil. Die werklike omvang veral op inheemse bome (woude) in Suid-Kaap en Tsitsikamma is nog onbekend.
Braam du Preez, 'n bsoboukonsultant, het by navraag gesê die kewer is steeds 'n probleem. Die kewer raak meer aktief en sigbaar in die lente na die koue winter maande rus-periode.
Die bome wat die meeste geraak word is Engelse akkers en es(maple), Els(Alder) en ook Engelse platane. Dit neem toe met die verspreiding van besmette materiaal soos brandhout en onbeheerde storting van gekapte materiaal op ander plekke.
Dit is reeds welbekend teen hierdie stadium dat Engelse akkers (eikebome) wetenskaplike naam: Quercus robur, hoogs vatbaar is vir die kombinasie van die kewer (Euwalleace fornicatus) en die swam (fungus) Fusarium euwalleceae wat in assosiasie daarmee voorkom. Benewens die feit dat die Engelse akker baie vatbaar is, is dit 'n reproduktiewe soort (spesie) waarin die kewer aanteel en verder vandaan versprei.
Die stompkopkewer (PSHB)
Sy advies aan mense is moenie krampagtig vasklou vir emosionele redes aan ou akkerbome en ander vatbare soorte bome. Gaan kyk eerder vir alternatiewe inheemse spesies wat nie /minder vatbaar is vir PSHB nie en plant dit in die plek daarvan. Dit is bome soos Outenikwa geelhout, bos-elder , wit-olienhout, rooi-els, Kaapse essenhout, Besemtrosvy, Olienhout, hardepeer en ander.
Wees ook asseblief versigtig met die verspreiding van besmette materiaal wat net verdere besmetting (infestasie) sal veroorsaak.
Mense moet ook uitkyk daarvoor en dit onder die aandag van die George-munisipaliteit en ander owerhede bring.
*Vir meer inligting kontak die Parke en Bosse afdeling van George Munisipaliteit.
Braam du Preez, 'n bosboukonsultant,
Van wanneer in George?
Johanna Vermeulen, 'n inwoner van George, het in 2018 gesien daar is fout met die bome in haar woonbuurt. Sy het vermoed dis goggas wat die skade veroorsaak. Braam du Preez, 'n bosboukonsultant, is betrek en hy het die bal aan die rol gesit. Hy het in Februarie 2018 monsters van die bome na Pretoria geneem. Tydens sy besoek het hy dit met kundiges by die instituut vir bosbou en landboutegnologie (FABI) aan die Universiteit van Pretoria bespreek.
IN SHORT:
The PSHB (Polyphagous Shot Hole Borer) is still a challenge. Spring is on the way and with warming weather there is worry. The PSHB is more active and visible in spring. Experts describe it as a difficult enemy.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'