TUINROETE NUUS - Binnekort gaan Mosselbaai op die kaart geplaas word as sy eerste 4x4 buitelug ekspo hier plaaslik plaasvind en gaan dit 'n nuwe platform skep vir uitstallers, plaaslik sowel as nasionaal.
Die 4x4-ekspo - op die plaas Bartelsfontein op Roete 327 - gaan op 1, 2 en 3 November voorwaar 'n byeenkoms wees met 'n verskil.
Behalwe die sleepwaens, karavane, produkte, gereedskap, toerusting en buitelugtoerusting wat jou buitelug 4x4 ervarings gerieflik sal maak, gaan daar vir oud en jonk aktiwiteite wees.
Die organsieerders het ten doel om 'n platform te skep vir waar ieder en elk die "oppi plaas", vars lug en uitgestrekte vlaktes kan ervaar.
Dit sal ook Mosselbaai en omgewing laat blom met hulle eie ekspo en alle inwoners en besighede van Mosselbaai en omliggende dorpe te betrek by die ekspo. Die toerisme bedryf sal 'n hupstoot kry soos wat die ekspo in fases groei en ten einde 'n bymekaarkomplek te skep vir uitstallers van regoor die land.
Met 'n vol program oor die drie dae gaan dit beslis 'n gebeurtenis wees wat nie misgeloop te word nie.
Hou die Mossel Bay Advertiser dop vir meer inligting elke week. Uitstallers en navrae kan gerig word aan Kallie of Petra Sache by 082 335 8231 of 082 497 7856 of per e-pos na karlsache@telkomsa.net of karl@gardenrouteexpo.co.za.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'