Gallery
KNYSNA NEWS - Die organisasie RAP (Recovery Addiction Program) het weer sy verbintenis tot jeugontwikkeling en gemeenskapsbemagtiging bevestig met die suksesvolle aanbieding van sy Little Miss Glamour en Miss Glamour 2025 skoonheidskompetisie op Saterdag 5 Julie by die Hornlee-gemeenskapsentrum.
Die geleentheid was 'n viering van nie net uiterlike skoonheid nie, maar ook van innerlike krag, selfvertroue en gemeenskapsbetrokkenheid.
Fotogalery: Little Miss Glamour en Miss Glamour 2025 skoonheidskompetisie
Sestien talentvolle jeugdiges van die Hornlee-gemeenskap het aan hierdie glansryke gebeurtenis deelgeneem.
Die kompetisie het 'n platform geskep waar jong meisies hul persoonlikhede en talente kon uitstal.
Die geleentheid vorm deel van RAP se jaarlikse fondsinsamelingsprojekte, met die doel om verdere gemeenskapsontwik-kelingsinisiatiewe te ondersteun en bewus-making oor verslawingshulp te bevorder.
Wenners en beoordeelaars van Little Miss Glamour en Miss Glamour 2025 straal tydens die glansgeleentheid.Van links: Beverley DeBruyn, Alishè Kasonde, Donné Oria, Luchè Damons, Aeryn Oosthuizen, Ralldene Petersen, Shakeenah Quine, Siphokazi Qusheka, Thando Gauzela, Akhila Fredericks, Cassy May, Faith Kampher en Shakira Waites. Foto: SB Photography
Benewens die formele rondes van die kompetisie, het die deelnemers die gehoor verras met ’n energieke groepsdansoptrede. Foto: Rozano Alie
Shirne Luiters het die gehoor vermaak as seremoniemeester. Shirne, wat self 'n suksesvolle reis van herstel van dwelmverslawing deur RAP ondergaan het, is nou 'n inspirasie vir ander.
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’