TUINROETE NUUS - Wes-Kaapse minister van vervoer en openbare werke, Bonginkosi Madikizela, sal vandag weer die Tuinroete besoek om met minibustaxi-leiers te vergader.
Die minister se besoek volg na maande se toenemende spanning en gewelddadige konflik tussen mededingende taxiverenigings in die omgewing.
Die minister het die afgelope maand 'n reeks vergaderings met belanghebbendes gehou waar kwelpunte in die taxibedryf bespreek is.
Tydens sy besoek sal die minister beslissings wat tydens die samesprekings geneem is bekend maak, in sy poging om taxigeweld en moorde regoor die provinsie te beëindig.
Madikizela sal vandag in die Mosselbaai-munisipaliteit se raadsaal wees en môre besoek hy George- en Knysna- se munisipaliteite.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'