GEORGE NUUS EN VIDEO - Plaaslike sanger Michael Lindt het vanmiddag (Donderdag 2 September) oor die etensuur Christelike liedjies in die Mediclinic George se voorhof gesing om pasiënte en personeel te bemoedig en 'n mate van vertroosting te bring in 'n geweldige uitdagende en moeilike tyd.
Enkele toeskouers het gesit en luister en sommige het hul hande in aanbidding gelig.
Die derde vlaag van die Covid-pandemie eis sy tol by hospitale en personeel is geestelik en fisies uitgeput.
In die Tuinroete is die infeksies en hospitalisasies erger as in die eerste twee vlae. Die derde golf duur ook langer.
Lees meer en kyk 'n video op susterskoerant, George Herald
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'