KNYSNA NUUS - Laerskool Knysna leef elke maand 'n nuwe waarde uit. Die waarde word tweetalig aan die kinders verduidelik en word op sosiale media platforms geplaas. In Julie was die skool se waarde "diensbaarheid".
Die leerders is uitgedaag om deur die loop van die skoolvakansie hul kaste leeg te maak en die "te klein" klere as donasie skool toe te bring.
Sylvia Willie (links) van Dorothy Broster Kinderhuis het die donasie ontvang met 'n groot glimlag agter die masker vanaf Laerskool Knysna se Tiaan Terblanche (regs).
Die foto wys maar net 'n klein hoeveelheid van die skool se donasies. As gevolg van Covid-19 is donasies aan die tehuis baie skraps en trek die tehuis swaar.
Om by te dra of meer inligting te kry oor hoe om betrokke te raak by Dorothy Broster, kontak Sylvia Willie by 044 375 0120.
'Ons bring jou die nuutste Knysna, Tuinroete nuus'