"Ons wil alle borge, donateurs, vennote, vrywilligers en oorwinnaars ‘n baie voorspoedinge nuwe jaar toewens en hulle bedank vir hulle betrokkenheid by Kansa."
Die statistieke van 1 Maart tot 30 November 2013 toon dat die kantoor en sy vrywilligers toegewyd gewerk het in die stryd teen kanker:
- 4 157 siftingstoetse (Papsmere, Borsondersoeke, PSA, Okultebloed (Kolonkanker), en velkanker) is uitgevoer;
- 1 425 pasiënte is besoek en versorg
- 127 pasiënte het in die Kansa-sorghuis tuisgegaan
- 79 pasiënte het limfodeembehandeling ontvang
- 2 299 studente en skoliere is bereik deur middel van gesondheidspraatjies
- 13 822 pamflette, nuusbriewe en brosjures is uitgedeel
- 11 424 persone is bereik met uitstallings en gesondheidspraatjies
- Verskeie mediese hulpmiddels soos rolstoele, riffelmatrasse, skaapvelletjies, commodes en looprame is gratis aan pasiënte voorsien.
Vrywilligers wat betrokke wil raak by geldinsamelingsprojekte in die streek, kan Van Zyl bel by 044 874 4824.
Vrywilligers gesoek
Kansa is ook dringend op soek na vrywilligers wat betrokke kan raak as toktokkies in alle dorpe in die Suid-Kaap en Karoo. Persone wat bereid is om in hulle woonbuurte, veiligheidskomplekse of aftreeoorde te help, kan Helen Thomas in George bel by 044 874 4824, Marius de Vries in Beaufort-Wes by 023 415 1971 of Amanda Serfontein in Oudtshoorn by 044 272 2724.
'Ons bring jou die nuutste Suid-Kaap nuus'