Video
TUINROETE DISTRIK NUUS EN VIDEO - Gerugte dat 'n Covid-19 pasiënt van Oudtshoorn gister in Mediclinic George dood is, is onwaar.
Volgens plasings op die Facebookgroep, Pacaltsdorpers Staan Saam, is daar glo verneem van die man se dood.
Volgens dr Wessel Vermeulen van Oudtshoorn is sy pasiënt steeds in die hoësorgeenheid van die Mediclinic George, en is daar 'n geringe verbetering.
Dit blyk dat die gerug oor die man se dood ontstaan het nadat die George Krematorium gister berig het hulle het 'n verassing waargeneem van 'n persoon wat aan Covid-19 beswyk het. Iemand het toe waarskynlik die aanname gemaak dat die sterfte verband hou met die pasiënt van Oudtshoorn en die Facebookplasing gemaak. Die persoon wat veras is, was egter nie van die Oudtshoorn- of George-omgewing nie. ('n Opvolgartikel oor die verassing sal geplaas word sodra sekere inligting bevestig is.)
Die Oudtshoorn Courant is tans besig om te bevestig of die polisie die voorval van fopnuus ondersoek.
Intussen het Dr Wessel Vermeulen vanoggend verneem dat sy eie toetse vir Covid-19 negatief is. Hy het hom in selfisolasie geplaas en laat toets omdat hy met die pasiënt wat tans in George lê, in kontak was.
Na aanleiding van die fopnuus wat op Facebook geplaas, het Oudtshoorn Courant-redakteur, Hannes Visser hierdie video opgeneem:
Dear reader, As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Group Editors (publications and online platforms) is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'