TUINROETE | KAROO NUUS - Die bekroonde skrywer Lien Botha het verlede Vrydag haar jongste boek, Vin, by die Mosselbaai-leeskring bespreek.
Sy en haar man, die argitek Raymond Smith, het van Bettysbaai gekom en die oggend saam met 'n groep van sowat 20 belangstellendes deurgebring.
Die boek het gloeiende resensies van, onder andere Johathan Amid, Kerneels Breytenbach en Jean Meiring gekry. Vin is Botha se tweede boek.
Haar eerste boek, Wonderboom, het verskeie pryse verower, waaronder die Eugene Marais-prys, die Akademie van Wetenskap en Kuns se prys vir 'n debuutwerk. Daar word verwag dat Vin ook baie goed sal vaar.
Kerneels Breytenbach het die boek beskryf as 'n baanbrekerwerk in Afrikaans en internasionaal.
Lees meer op susterspublikasie, Mossel Bay Advertiser
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'