TUINROETE NUUS - Knysna-Plett Herald se prys styg van 7 Februarie 2019 tot R4. Dit is die eerste prysstyging in bykans 10 jaar en die besluit is geneem na alles gedoen is om dit te verhoed.
Die styging is genoodsaak deur die skerp verhoging in die prys van papier asook verspreidingskoste.
Ons vertrou dat u dit met ons eens is dat teen net R4 'n week, Knysna-Plett Herald steeds uitstekende waarde bied.
Besoek www.knysnaplettherald.com om van ons gratis aanlyndienste gebruik te maak, of vir volledige digitale toegang deur middel van Press Reader tot jou weeklikse Knysna-Plett Herald.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'