LEEFSTYL NUUS - ’n Ystertekort is ernstig genoeg dat jy daarmee dokter toe moet gaan. Maar mens wil ook nie oorkom as iemand vol ipekonders nie.
Dus wil jy eers dokter toe gaan as jy ’n sterk vermoede het dat jy regtig lae ystervlakke het.
Gelukkig kan jy die tekens vir elkeen self tuis evalueer.
Tekens van ’n ystertekort
- Jy is altyd koulik
- Jy het nie krag het nie: jou spiere raak gou moeg en jy kan nie deurdruk nie
- Jy het ’n vinnige hartklop
- Jy kry seertjies in jou mondhoeke en jou tong is teer
- Jy proe nie goed nie
- Jy het rustelose bene-sindroom
- Jou onderste ooglid is aan die binnekant baie bleek
- As jy op jou vingernaels druk raak hulle wit en bly hulle lank wit voor hulle pienk raak. By mense met genoeg yster keer die pienk kleur binne ’n sekonde terug.
Lees ook
- Is jy moeg weens jou lae yster of jou lae vitamien B?
- Hoekom jy nie self ysteraanvulling moet doen nie
- Jy hoef nie net vleis te eet vir vitamien B12 nie!
- Tekens van lae vitamien B12-vlakke
- Watter kosse is ryk bronne van yster?
Artikel: Caxton publikasie, The Citizen
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’