Ons voel dalk nie voortdurend geestesgesond en positief oor die lewe nie.
Oor die algemeen kan ons sterkpunte of veerkrag, en met ander mense se hulp, ons help om na 'n krisis of stresvolle situasie weer ons ou self te word. Sommige vorme van stres kan 'n uitdaging wees by voorbeeld 'n nuwe werk of ander verantwoordelikhede.
Ons moet sorg dat ons stresvlakke nie die punt bereik waar ons nie meer daagliks die lewe kan hanteer nie.
Die stres-toets
Toets jou stresvlak. Lees deur die vrae hieronder. Maak 'n regmerkie vir elke "ja"-antwoord.
- Voel jy gedurig moeg?
- Sukkel jy om te slaap?
- Ly jy aan hoopfyne, maagsere of slegte spysvertering?
- Sukkel jy om te konsentreer?
- Sukkel jy om te ontspan?
- Het jy belangstelling in seks verloor?
- Stel jy nie meer belang is stokperdjies en ander bedrywighede wat jy geniet het nie?
- Het jy jou eetlus verloor of eet jy meer as gewoonlik?
- Kom jy altyd laat by die werk aan?
- Vermy jy jou kollegas?
- Is jy kwaad, geïrriteerd of terneergedruk?
- Bring jy jou werkprobleme oornag of oor naweke huistoe?
- Neem jy oorhaastige, impulsiewe besluite?
- Sukkel jy om besluite te neem?
- Waar moontlik jou prioriteite herrangskik: Fokus op die dinge wat belangrik is.
- Wees realisties: Deel projekte in hanteerbare take op. Besef wat jy kan en nie kan doen nie.
- Wees eerlik met jou kollegas/baas. Stel praktiese verbeterings voor.
- Gee aandag aan jou fisiese, geestelike en persoonlike lewe. Moenie vriende en familie verwaarloos nie.
- Maak tyd om te ontspan. Leer om "nee" te sê. Moenie skuldig voel oor jou ontspantyd nie.
- Kry steun: Ken mense uit met wie jy die probleem kan deel en oplossings kan uitwerk.
Leer ken jou sterkpunte (werk daaraan om dit uit te bou) en kwesbaarhede (werk daaraan om dit te oorkom of hulp daarmee te kry) en leer om te besef wanneer jy dit nie kan hanteer nie en wanneer die gevaar van ongesonde stres dreig.
(Bron: www.westerncape.gov.za/eng/pubs/public_info)